
"Don't sleep, just yet, we all know that there's nothing like the First love, first time, there ain't nothing like the first time" - Blink 182
Ek was een dag LAAAAANK gelede ongelooflik verveeld saam met een van my ou vriende, Ivan, by jou oupa se huis. Tekken op ons Playstation het effens afgesaag geraak en ons het in ons tiener-wysheid besluit dat ons buurman se huis afsteek teen die res van die straat. Hyt so bietjie "karakter" nodig gehad, jy weet, 'n bietjie eier op sy mure sou mos nou baie beter lyk as daai mooi nuwe verf wat hy so luidrugtig laasweek opgeplak het. Kombuis toe, yskas oop, wapens gereed - agterduer uit en voorwaarts! Voluit hardloop muur toe om oom Ivan te wen want ek die eerste een gooi. Minwetend dat daai stoep waarvoor ek mik nie kompleet leeg is nie. Is dit nou REGTIG nodig om ontsteld te raak omdat jou pa se projektiel sy koffie beker getref het? "Ek kan nie eers in vrede sit en suip op my eie stoep nie dan val daardie klein terroris my in my eie huis aan!" kan ek ou suur knol hoor skree soos hy in ons voordeur staan. Seuna... DAAI > pakslae was 'n eerste een vir jou pa, miskien die eerste een wat ek onthou, maar wrintiewaar, ek onthou hom GOED.
Wat kom op in jou gedagtes as ek vir jou vra hoe jou EERSTE KEER was? Elke seisoen in jou lewe sal 'n ander antwoord onthul. Vir 'n kleuter is dit die gedagte van daai roomys se blou en pienk kleur, hoe die kougom soet geproe het. Tieners se eerste keer is daai pik soen in graad 1, die eerste rugby trofee saam meneer Van Heerden of dalk die eerste keer toe hulle alleen kon winkel toe stap (epic!). Op universiteit was dit 'n gedagte van 'n eerste liefde.
Soos ek ouer word seuna, besef ek dat die lewe al hoe minder vir my inhou. Dis 'n snaakse ironie want as jy jonk en lewenslustig is en 'n gratis roomys jou hele dag kan verander ervaar jy amper elke minuut iets vir die eerste keer en jy waardeer dit amper nooit. Ouer mense raak minder gereeld opgewonde en tog ervaar ons partykeer vir 'n volle dag niks vir die eerste keer nie. Ek vra nou byvoorbaat omverskoning vir al die Blink 182 wat jy gaan moet trotseer soos jy ouer raak. My liefde vir hulle het ontwikkel oor tyd deur my walkman se oorfone aande alleen in my bed, tye in my kar op pad werk toe en soms in kuiers saam vriende met goeie kos en laat aande voor Youtube. Dis onomwendbaar, Blink 182 is deel van my samestel en identiteit en die liedjie "First Time" het my siel diep aangeraak met 'n paar vrae.
Wanneer laas het EK iets besonders vir die eerste keer ervaar?
Wat is my antwoord op "Hoe was jou eerste keer" as iemand my vandag vra? en
Wat is my antwoord oor hoe ek die lewe sien en wat ek waardevol ag?
Hierdie vraag onlangs antwoorde ontlok rondom die eerste keer toe ek jou ma in haar pienk bikini op Margate gesien het, my eerste suksesvolle besigheid, die eerste keer toe ek iemand naby my aan die doood afgestaan het. Maar dis als nou ou nuus. My eerste keer het nou herhinderinge oor jou. Ek dink nou terug aan die eerste keer toe ek jou hartklop oor 'n masjien kon hoor. Ek sien in ongelooflike detail jou klein lyfie op die sonar masjien se skerm en voel steeds hoee ek my trane meet my glimlag probeer terug hou. Ek onthou die oomblik toe ek uitgevind het jy gaan 'n seuntjie wees, 'n klein weergawe van my en jou ma. Jou eerste high-five deur jou ma sy magie toe ek my hand op haar sit is my mees onlangse een. Ek besef vandag op 'n koue Boland winters-oggend dat jy my monotonie gaan vernietig, my grootsmens voortbestaan van eentoon en herhaling sal nooit weer 'n realitiet te wees nie want ek gaan saam met jou baie dinge vir die eerste keer beleef. Vir eers moet ek jou vashou vir die eerste keer. Ek kan nie wag nie.