Skip to main content

SKULD IS SOMS JOU BESTE BELEGGING

Vandag se les klink dalk soos ‘n oksiemoron, maar, jou pa was nog altyd verlief op jukstaposisie en woordspeling.

Die mens is altyd opsoek na NOG my seun. En dit is nie noodwendig sleg nie. Die soeke na nog is hoe ons as spesie vooruit gaan en die rede dat gelukkige jong knape soos ek ongelooflike jong dames soos jou ma kon oortuig om hulle nooi te wees. Jy sien my seun, dis nie altyd wys om average te aanvaar net omdat dit beskikbaar is nie en SOMS is dit ook waar wanneer dit by finansies kom, maar nie ALTYD nie.

Seuna, jy moet altyd sorg dat jou geld net so hard vir jou werk soos wat jy op ‘n dag gewerk het om jou geld joune te maak. Dit geld dus dat jy moet risiko neem wanneer jy beleggings maak en ek is ‘n groot voorstaander daarvan dat jy heel eerste moet risikos neem waar jy dit kan beheer in jou eie besighede (Hierdie is ‘n lang les vir ‘n ander dag). Daar kom ook egter tye waar die plekke wat vir jou goeie opbrengs gee soos finansiële markte hulle kop verloor en dit wyser is om NIE jou geld daar te hou nie. In hierdie tye is skuld ‘n goeie opsie om jou geld in te berg my seun. Daar bestaan ‘n tipe lening by ‘n bank waar jy bo-op jou normale paaiemente ook ekstra geld kan deponeer. Dt is BAIE belangrik dat jy seker maak jy neem altyd hierdie tipe lenings uit en jy moet OOK baie seker maak dat jy dan weer toegang tot daardie geld het wanneer jy dit weer wil onttrek.

Jy sien my seun, banke se rente is vir hulle ‘n gewaarborgde (nie altyd nie maar omdat jy jonk is behoort dit waar te wees) opbrengs. Wanneer jy egter jou skuld delg het jy OOK ‘n gewaarborgde opbrengs wat gelyk is aan die rentekoers op die skuld. Jy moet dus die gewaarborgde rentekoers gereeld opweeg teenoor die rentekoers wat die geldmarkte (money markets) jou bied en as dit meer is (dit is gewoonlik) sal jou geld beter doen as ‘n ekstra depositio op jou skuld, as wat dit slegs as kontant in die bank lê.

Ons sal nog baie gesels oor skuld en wanneer dit slim is en wanneer dit dom is om skuld te maak my seun… Maar wanneer jy skuld het en die rentekoers bepaald is, gebruik dit gerus soms tot jou voordeel…